Marthinus Johannes GreylingMarthinus Johannes Greyling,  ‘n Gebore Vrystater, district Thaba ‘Nchu. Hy was ‘n egte Nasionale burger van sy Vaderland. He was gekies as veldkornet in die oorlog van 1899 en het ook gedien as kommandant. Het ook deelgeneem met die Jameson inval, as vrywilliger an die Vrystaat, en was as krygsgevangene gestuur na Ceylon. Was ‘n flinke voorsitter gewees van die Nasionale Tak Germiston.

Die ou Sanna in die hand van Wyle M. J.Greyling in die bygaande portret was reeds in die gebruik in die groot Kaffer oorlog van ons Voortrekkers. Dwarsdeur sy lewe was hy ‘n dappere held gewees en op geestelike gebied was hy bekend as ‘n getrou kerkganger. Hy het jare lank geding as ouderling en op geestilke en maatskaplike gebied was hy altyd ‘n goeie voorbeeld  vir sy land en volk gewees. Die portret  en lewensbeskywing van wyle M. J. Greyling is ingestuur deur sy jongeste seun Johannes Greyling van 36 Oostehuizen Straat, Germiston, ‘n ardbeider op die Suid-Afrikaanse Spoorwee.

Hy is gebore op die 13de Desember 1897, te Steynspruit, District Thaba Nchu, en is op die 4de Augustus 1928  getroud me Rosiena Adriana gebore Kunneke. Hulle het een seun wie sy grootvader Marthinus Greyling heet.